Het jy gehoor?

Klassieke Chameleon op landwye toer

Vanaf 6 tot 19 September toer Chris Chameleon landwyd met sy baie gewilde Klassieke Chameleon-produksie. PE, Bloem, Pretoria, Jozi, die Moederstad en Secunda – hou jou solank reg vir ‘n behoorlike show! Want Klassieke Chameleon het gehore gaande gehad op nasionale kunstefeeste.

Jou gunsteling- Chameleon-liedjies soos Eerste oogopslag, Sterredank, Die onverkrygbare en Bitterbessie dagbreek (lg. twee is albei toonsettings van Ingrid Jonker se gedigte) en Saved sal jy hoor.

“Ons het werklik soveel versoeke ontvang om Klassieke Chameleon ook in ander dele van die land te kom doen en daarom sien ek werklik daarna uit om in al die verskillende stede op te tree. Klassieke Chameleon is natuurlik ‘n baie groot produksie met volle klassieke orkes en is beslis een van die lekkerste projekte waaraan ek nog gewerk het,” sê Chris.

Waar bespreek ek?

  • Besprekings kan gedoen word by Computicket 011 340 8000 of www.computicket.com.
  • Die Bloemfonteiners moet egter die Sand du Plessis-teater direk kontak by 051 447 7772.
  • Groepe van meer as 10 @ afslagpryse: Christa Coetzee by 011 815 3000 of 073 300 5525. Jy kan ook vir Christa ‘n e-pos stuur na info@lefra.co.za

Só lyk die program

6 September – Vodacom Amfiteater, Boardwalk Casino, Port Elizabeth
9 en 10 September
– Sand du Plessis Teater, Bloemfontein (Besprekings: 051 447 7772)
11 September
– Woodlands Ouditorium, NG Kerk, Morelettapark, Pretoria
12 September
– Grand Arena, Grand West Casino, Kaapstad
13 September
– Graceland Arena, Graceland Casino, Secunda
18 September
– uShaka Marine World, Dolfyn Arena, Durban (Chris Chameleon saam met die Dolfyne in Klassieke Chameleon)
19 September
– Mosaïek Teatro, Roodepoort, Fairlands, Johannesburg