image_108
Het jy gehoor?

Klein Karoo: Eksklusiewe lokprent!

Die storie?

‘n Jong onderwyseres van Oudtshoorn, Cybil Ferreira, sal enigiets in haar vermoë doen om te verseker dat haar projek voortgaan by die plaasskooltjie, Kalfieskraal. Sy droom daaroor om ’n sentrum te vestig waar die omgewing se kinders, wat ly onder die invloed van alkoholisme in die Swartberg Vallei, veral oor naweke ’n veilige hawe kan vind.

Cybil se droom is egter in gevaar nog voor dit regtig van die grond af kan kom: die grond waarop Kalfieskraal staan is te koop en geen van die moontlike kopers stel belang in die projek nie. Nie eens Cybil se skatryk verloofde, die volstruisboer Meyer Labuschagne, gee veel om oor die toekoms van die projek of die kinders nie.

Cybil se laaste hoop is om die direkteur van die Global Upliftment Fund, wat tans in die Klein Karoo soek na projekte om te ondersteun, te oortuig om haar projek te befonds.

So kom Frans Coetzee in die prentjie in.  Frans is ’n filmmaker met ’n gebreekte hart,  wat in die Klein Karoo is om saam met sy span ’n dokumentêr te maak oor opheffingswerk in die omgewing – en hopelik in die proses te vergeet van liefde, vrouens, en al die moeilikheid wat daarmee saam kom.

Maar dan kruis Cybil en Frans se paadjies, en beide se wêrelde word totaal omver gegooi.

As Cybil haar hart volg, beteken dit sy moet haar drome opgee, of sal ware liefde juis haar drome vlerke gee? En is Frans bereid om liefde nog ’n kans te gee?

Klik by www.kleinkaroofilm.co.za vir meer

  • Helen van Staden

    Dit lyk na ‘n fantastiese fliek, kan nie wag dat dit moet begin wys in die teaters nie. Dit is ongelooflik watse wonderlike Afrikaanse films deesdae gemaak word. Ons het ongelooflike akteurs en "fliekmakers".

    Hou so aan!!!!!

  • Betsy King

    Klink na n lekker roman, met genoeg vuur!

  • Annette Hartman

    Die fliek lyk ongelooflik met baie potensiaal…kannie wag om dit te sien nie.

  • Andro

    Epic movie! Ek dink dit gaan ‘n hit wees….maar "hey"…ek is nie objektief nie. Ons wag maar en sien!

  • Charmain M Smit

    Dit lyk sommer na n lip lekker Afrikaanse komedie. Kannie wag om dit te sien nie.

  • Sonja Goosen

    Ek sien sooooo uit na nog ‘n Afrikaanse fliek! Dankie

  • Sumarie

    Dit lyk assome DANKIE man kan nie wag nie

  • Riaan de Lange

    Welgedaan voorwaar – as lokprent so lyk, sien ek uit na rolprent – popcorn staan al reg ….

  • Petrus Boshoff

    Aggenee Regardt man……Sewendelaan resep in die Klein Karoo !!!!……. ‘fake’, fake, fake’…..vertaal en bemark in VS……of was dit eintlik die bedoeling ???????

  • nico

    Ek is mal oor al die lekker afrikaanse flieks. dis hoogtyd dat ons weer in ons eie taal kan fliek en ook van so n hoe gehalte. dankie aan al Fliekmakers

  • Theresa

    Wow! Net wat ons nodig het, ‘n lekker Afrikaanse romantiese komedie!! Sien uit daarna!

  • Piet

    Net een fout in die fliek…..daar bestaan (ongelukkig) nie meer iets soos skatryk volstruisboere nie.

  • Valery Jacobs

    WOW…..Dit lyk na a wenner….net wat ons nodig het as n stress reliever in vandag se tyd………Julle ek kan nie wag nie…….hoop nie ek werk dit mis nie…………Dankie!!!!

  • Gert Smit

    Ek weet darem nie, ek het darem al van die swakste afrikaanse movies ook al gesien en Reghardt se naam kom nogal op. Die swakste movie wat ek al gesien het was nou wel nie afrikaans nie, maar in SA geskiet: Invictus. Die swakste swak! Mind you, ek weet darem ook nie of dit swakker as Hansie was nie! Naruurlik is daar ligpunte soos die onlangse Roepman en die Wonderwerker. Natuurlik is hierdie net my menings en ons almal kan net rustig met ons dag aangaan.

  • Andre Truter

    Niks hieraan is hedendaagse plattelands nie. Hierdie klink soos n politieke storielyn wat handel oor jammer kry en n nagemaakte stadslewe wat in die platteland geskiet is. Waar is die werklikheid in vandag se plaaslike stories? Daar is mos niemand wat nader daaraan leef as onsself nie? Nou waarom dink die plaaslike regiseurs hierdie nagemaakte lewens uit in areas wat juis interesant genoeg is vir vele rolprente?

  • Marissa

    Vir al die doemprofete (met reg daar was n paar minder goeie Suid-Afrikaanse films die afgelope paar jaar): jy gaan aangenaam verras word met die film. En lekker lag!

  • Annette

    Ek is mal oor romantiese verhale en hierdie een klink asboslied awesome!! Kan nie wag om dit te gaan sien nie!!!
    Dankie julle vir nog ‘n puik roman :-)

  • Pieter

    So irriterend dat daar engelse onderskrifte by Afrikaanse flieks is!!