Romeo (heel links) vir Burberry

Romeo (heel links) vir Burberry

Het jy gehoor?

Klein Romeo Beckham die gesig van Burberry

Posh en Becks se Romeo is deel van Burberry se Lente/Somer 2013-veldtog. Ons dink hy lyk te oulik in sy klassieke, taankleurige Burberry-jas langs bekende Britse modelle soos Edie Campbell, Cara Delevingne en Charlie France.

Christoper Bailey, die kreatiewe hoof van Burberry, sê Romeo het uitgestaan tydens die verfilming. “Dit was heerlik om saam met Romeo te werk. Ons het soveel pret gehad om die veldtog te skiet en ek dink dit kom deur in die foto’s. Die foto’s wys die opgewekte gees van die versameling.”

Buiten vir Romeo, is daar nog drie in die Beckham-kroos: Brooklyn (13), Cruz (7) en hul dogter, Harper (17 maande).

Vicoria het in ’n onderhoud gesê die drie broers is uiteenlopend: “Brooklyn is ’n regte seun en begin nou ’n tiener word. Dit vat hom nogals ’n ruk om sy hare reg te maak voordat hy skool toe gaan. Romeo is weer lief vir mode. Hy gaan uit in ’n pak en ’n keil op sy kop … hy is ’n mode liefhebber. En Cruz wil net breakdance elke geleentheid wat hy kan.”   

Romeo het by die première van Viva Forever!, ’n musiekblyspel gebaseer op die liedjies van Spice Girls, saam met sy broers opgedaag – almal uitgevat in Burberry.

Loer verder by Guardian.co.uk