Het jy gehoor?

Kleur-inspirasie: Beige

Minder is meer met dié kleur. Dis jou klerekas se elegante werkesel. Sorg ook dat jou
 vel ’n winterglans het. Dís die basis vir goeie grimering.

Hoede is gróót! En wat is nou beter vir die kere dat jou hare ’n slegte dag beleef? Breërand-vilthoed (R180), Avantgarde, te koop by die  SARIE-aanlynwinkel

Hoede is gróót! En wat is nou beter vir die kere dat jou hare ’n slegte dag beleef? Breërand-vilthoed (R180), Avantgarde, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

’n Neutrale kleur soos beige is tydloos omdat dit ander kleure toelaat om die held te wees. Beige oordonder nie, daarom kan dit van een seisoen na die volgende ’n totaal ander gevoel skep in kombinasie met die kleur wat daardie seisoen ‘in’ is.

 – Gert-Johan Coetzee, modeontwerper

Blaai deur ons galery vir kleur-inspirasie

’n Jas bly een van die duurste items wat jy dié winter sal koop, veral as dit van egte wol of kasjmier is. Kies ’n klassieke snit en kleur soos kameel, dan sal jy baie jare se dra daaruit kry. Wol-en- kasjmierjas (R2 799), Trenery

Dié handsak sal jou moontlik nog oorleef. Montebello MM-handsak (kleur Dune) in Monogram Vernis- leer met verwyderbare band (prys op aanvraag), Louis Vuitton

'n Wenner van Estée Lauder. Hou fyn lyntjies in toom met Revitalizing Supreme Global Anti-Aging Creme (R895 vir 50 ml).

’n Egalige vel is ’n mooi vel. Asiaat- en melksuur verbeter ’n onegalige veltekstuur en fyn lyntjies. Environ Intensive Revival Masque (R866) by uitsoeksalonne.

Slooprok van katoenmengelstof (R899), Mango. Dra ’n nou- passende top in ’n kontraskleur onder die rok in koeler weer, maar vermy patrone.

Kies goud vir jou naels
– O.P.I Nail Lacquer in Love Angel Music Baby (R170). By uitsoek- salonne.

Dié serum stimuleer kollageen- vervaardiging vir ’n fermer vel – Dior Capture Totale Le Sérum (R2 820).

Spykerhak- skoene (R749), Forever New.

Dié veelkleurige staalbandjie sal by enige uitrusting pas. Staalhorlosie met vergulde dele (R4 899), Michael Kors by Edgars.

Hoede is gróót! En wat is nou beter vir die kere dat jou hare ’n slegte dag beleef?
Breërand-vilthoed (R180), Avantgarde, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

WENK: Dra beige saam met 2015 se kleur van die jaar, Marsala