FOTO: Instagram  @samsmithworld/

FOTO: Instagram @samsmithworld/

Het jy gehoor?

Só klink die beste liedjie van die jaar – Sam Smith se “Stay With Me”

Dit was gisteraand in Los Angeles die jaarlikse Grammy-toekennings en oudergewoonte het die optredes én modes ons verbeelding aangegryp – en nie altyd om die regte redes nie! (Loer later vandag op SARIE.com na die beste én lelikste uitrustings by dié geleenheid.)

Maar die aand het aan die nuweling Sam Smith behoort. Nie net het hy die toekenning Beste Nuweling, Album van die Jaar én Beste Popliedjie-album (In the Lonely Hour) ontvang nie – hy kan ook spog met die gesogte titel Liedjie van die Jaar.

Sam het dié toekenning ontvang vir sy liedjie “Stay With Me” (luister daarna onderaan dié artikel).

Ander liedjies wat benoem was, sluit in: Meghan Trainor se “All About That Bass”, Sia se “Chandelier”, Taylor Swift se “Shake It Off” en Hozier se “Take Me to Church”.

Kontroversie

Sam se gewilde “Stay With Me” is egter nie sonder kontroversie nie. Verlede maand het Reuters berig dat Sam aan die sanger Tom Petty tantiemes sal betaal omdat dié lied ooreenkomste toon met Tom se treffer “I Won’t Back Down”. Sam het gesê dié ooreenkomste is bloot toevallig.

Wat dink jy? Klink Sam se liedjie “Stay With Me” baie vir jou soos Tom Petty se “I Won’t Back Down”? Gee jou mening onderaan dié artikel.

Sam Smith se “Stay With Me”

Tom Petty se “I Won’t Back Down”

Dink jy Sam Smith se liedjie klink baie na Tom Petty s’n?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Huffington Post en Reuters