Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop 
FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop FOTO: Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Kom Kate en prins William dalk in Suid-Afrika kuier?

’n Senior koninklike bron het aan Hello! vertel dat daar in 2016 twee moontlike internasionale toere vir die hertog en hertogin van Cambridge voorlê

Die bron het ook reeds bevestig dat prins George en prinses Charlotte waarskynlik nie dié toere met hul ouers sal meemaak nie. “Die toer na Australië en Nieu-Seeland waarop prins George sy ouers vergesel het, was ’n eenmalige geval,” het ’n adjudant van die paleis gesê.

Die toere sal moontlik in die Europese herfs en lente plaasvind en gerugte doen die rondte dat een van hul bestemmings die Karibiese Eilande is. “Ons is bewus dat daar oor die Karibiese Eilande bespiegel word, maar dit is nog nie bevestig nie. Die kantoor van buitelandsesake het ’n groot sê in die besluit,” het die bron gesê.

Ons hou regtig duimvas dat Suid-Afrika een van die moontlikhede is!

Bron: Hello!

Lees ook

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER