srstockmaritabig
Het jy gehoor?

Kom kuier saam met Marita in Kimberley

Marita gesels op Donderdag die 25ste van 15h00 tot 16h00 by die Boekeskou oor haar werk en lees voor uit haar nuwe roman, Dis koue kos, skat, wat binnekort gepubliseer word.

Sy het laat weet dat sy uitsien daarna om Sarie-lesers van die Noord-Kaap te ontmoet en haar boeke, wat daar te koop sal wees, te onderteken.

Marita neem ook deel aan twee paneelbesprekings, oor vroueskrywers en vroue in die nuus, saam met onder andere EKM Dido en Tina Schouw op Donderdagoggend en Saterdagoggend om 11h00 by WHAG. 
Vir meer inligting, kontak vir Joan Villet van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur by 082 329 9652 of 053 807 4903.

Wanneer? Donderdag 25 Februarie, 15h00 tot 16h00 by die Boekeskou

Lees al Marita se SARIE-rubrieke op sarie.com