FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kom lê op Brad Pitt se bank

Volgens Brad krap en skets hy al sedert die 90’s idees vir geboue en meubels. “Veral sedert ek Charles Rennie Mackintosh en Frank Lloyd Wright [albei argitekte] ontdek het.

“Ek het Wright se werk op universiteit ontdek toe ek ‘n paar maklike krediete gesoek het om my Franse klasse te ontduik,” het hy vertel.

Pollaro en Pitt het besluit om saam te werk nadat Pollaro by Pitt se huis was en sy sketsboek gesien het.

“Ek het hom gevra hoekom ons nie dié sketse in regte meubels omskep nie,” het Frank gesê. “Toe sê Brad hy dink dit sal pret wees.”

Die Pitt-Pollaro-reeks word tussen 13 en 15 November in New York bekend gestel.

Vanaf 11 November kan jy op die webtuiste www.pitt-pollaro.com klik vir meer.