Het jy gehoor?

Kom vier dekor, kos en wyn by die Brooklyn-winkelsentrum

Die gewilde Brooklyn-winkelsentrum in Pretoria bied op 24 Mei ‘n fees vir die sintuie aan wanneer top-ontwerpers en koskenners saamkuier by die Weylandts-winkel in die sentrum.

Wat kan jy verwag?

Die oggend begin met ‘n praatjie oor kleur en tekstiel-ontwerp deur Lise Butler van D_T Design Team. Sy gaan ook hulle jongste reeks materiale bekendstel.

weylandts-logo

‘n Kenner van Weylandts sal praat oor die nuutste dekor-trends en skrywer Daniel Jardim stel sy nuwe boek, Retreat: The Joy of Conscious Eating (Jacana), bekend.

RETREAT_COVER.indd

Daniel_03

Terwyl dié kenners jou inspireer sal jy ‘n wynproe geniet met net die beste uit die kelders van Saronsburg en Weylandts se eie Maison-landgoed. Op die spyskaart is daar disse geïnspireer deur Jardim se boek en uit die Simply Asia-kombuis.

brooklyn

Volg Brooklyn-winkelsentrum op Facebook

Wanneer? Saterdag 24 Mei 2014
Waar? Weylandts, Brooklyn-winkelsentrum
RSVP by admin@zebrasquare.co.za 

Saronsb Tulb Logo

OLYMPUS DIGITAL CAMERA