FOTO: Instagram trevornoah

FOTO: Instagram trevornoah

Het jy gehoor?

Komediant Trevor Noah word skrywer!

Terwyl hy Amerikaners se harte met The Daily Show wen, gaan Trevor Noah sy eerste boek skryf.

Die uitgewer Pan Macmillan South Africa het regte bekom om Trevor se eerste boek in November te publiseer. Alhoewel sy boek,’n memoir, nog nie ’n titel het nie, sal dit persoonlike stories van Trevor se kinderdae bevat.

Hier vertel hy oor sy kinderdae tydens apartheid:

Sy ma, Patricia, se verhouding met sy pa, Robert, ’n buitelander, was onwettig en sy is verskeie kere deur die destydse regering beboet en het tronkstraf gekry. Trevor is later deur sy ma en ouma, Nomalizo, grootgemaak.

“Ek kon nie ’n goeie boek oor myself vind nie. Toe besluit ek om eerder self een te skryf. En net soos ek, gaan hierdie boek geen bylaag bevat nie,” het Trevor in ’n verklaring van dié uitgewer gesê.

 Lees nou