FOTO: Royal Household/John Swannell

FOTO: Royal Household/John Swannell

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth doen haar eie grimering en hare!

Jy kan altyd vir koningin Elizabeth deur ’n ring trek. Maar wie sou ooit kon raai dat dié koningin haar eksieperfeksie hare en grimering self doen?

In ’n onderhoud met die joernalis Christiane Amanpour verklap die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz dat koningin Elizabeth vir elke geleentheid haarself mooimaak. Selfs toe Annie haar in 2007 afgeneem het.

“Is jy ernstig? Die koningin van Engeland doen haar eie hare en grimering?” het Christiane geskok gereageer.

“Ja, dis nogal indrukwekkend,” het Leibovitz laggend geantwoord.

Annie het al portrette van bekendes soos John Lennon en Yoko Ono, ’n swanger Demi Moore, Meryl Streep en Clint Eastwood geneem. Gewoonlik het sy baie tyd om hierdie portrette perfek te neem. Maar met koningin Elizabeth se fotosessie het Annie net 25 minute gehad.

“Sy is regtig vriendelik. En het ’n skerp humorsin. Dis byna asof jy jou tante afneem,” het Annie verder gesê.

Hier staan Annie voor koningin Elizabeth se portret by haar Londen-uitstalling:

Anders as die koningin het Kate, die hertogin van Cambridge, drie haarstiliste byderhand vir enige geleentheid. Haar persoonlike haarkapper, Amanda Cook, het verlede jaar spesiaal ná prinses Charlotte se geboorte die hospitaal besoek om vir Kate mooi te maak.

Hier is van koningin Elizabeth se beste oomblikke:

 Lees nou