FOTO:  BritishMonarchy

FOTO: BritishMonarchy

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth gaan haar 90ste verjaardag só vier!

Koningin Elizabeth II beplan om haar 90ste verjaardag aanstaande jaar op ’n eg Britse manier te vier. ’n Uitgebreide straatpartytjie op 12 Junie, berig Hello!

Die partytjie, wat “The Patron’s Lunch” gedoop is, gaan glo in The Mall, die straat wat na Buckingham-paleis lei, plaasvind. Met dié partytjie sal die koningin se betrokkenheid by meer as 600 liefdadigheidsorganisasies waarby sy betrokke is, gevier word.

Die koningin beplan om sowat 10 000 gaste, onder wie meeste van die liefdadigheidsorganisasies, te nooi. Haar man, prins Philip, en prins Harry en prins William sal ook teenwoordig wees.

Die joligheid sal ook op reuse-skerms in Green Park en St James’ Park gebeeldsend word.

Bron: Hello!

Lees nou