queen
Het jy gehoor?

Wéét dit van koningin Elizabeth…

1. Sy was koningin lank vóór sy gekroon is

Hoewel sy op 2 Junie 1953 as koningin gekroon is, het sy reeds meer as ’n jaar tevore begin regeer op 6 Februarie 1952, die dag toe haar pa, koning George VI, oorlede is. Sy was in Kenia saam met haar man, prins Philip, toe sy dié nuus hoor. Toe sy in Engeland land, het die 27-jarige prinses Elizabeth, hertogin van Edinburgh, koningin Elizabeth II geword.

2. Die kroon

Sy het die George IV-staatsdiadeem gedra tydens die kroning. Dit is dieselfde kroon wat sy jaarliks by die opening van die Briste parlement dra. Dit is ook die kroon wat op Britse posseëls verskyn.

Koningin Elizabeth

3. Prins Charles was daar

Prins Charles was die eerste kind in die Britse geskiedenis wat by sy ma se kroning was.

4. Tegnologie

Sedert 1066 word die Engelse en Britse monarge by die Westminster-abdy gekroon. Elizabeth II se kroning was die eerste in die geskiedenis wat regstreeks op televisie uitgesaai is.

Die destydse eerste minister, Winston Churchill, het gesê dat só ’n heilige gebeurtenis nie uitgesaai mag word nie, maar Elizabeth het dit wel toegelaat. Die ‘heiligste’ deel van die seremonie, die salwing, is inderdaad nie uitgesaai nie.

5. Haar formele titel

Die koningin se formele titel is: Her Majesty Elizabeth the Second, by the Grace of God, of the United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland, and of Her other Realms and Territories, Queen, Head of the Commonwealth, Defender of the Faith. Wat ‘n mondvol!

6. Die rok

Die rok is deur sir Norman Hartnell ontwerp. Die rok was so swaar dat sy nie daarin kon beweeg sonder die hulp van haar ses diensmeisies wat die sleep moes dra nie.

7. Die bykomstighede

Op dié dag het sy verskeie bykomstighede gekry, waaronder goue armbande, ‘n kruis, ’n kroningsring, twee septers en twee rituele swaarde.

8. Die musiek

Sy het na die kansel gestap onder koorsang-begeleiding van sir Hubert Parry se lied van Psalm 122:1-3, 6 en 7. Koningin Elizabeth se aangetroude kleinkind, Kate, die hertogin van Cambridge, het ook dié lied, “I was Glad”, vir haar troumars gekies.

Luister dié lied hier:

Bron: Celebuz