foto: Royal Household/John Swannell

foto: Royal Household/John Swannell

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth nou die langste heerser oor Brittanje

Lank lewe die koningin! Dié slagspreuk is gepas, aangesien koningin Elizabeth nou die rekord hou vir die koninklike wat al die langste oor Brittanje geheers het. 

Hello! berig dat die koningin gevra het dat die dag nie herdenk moet word nie, en dat daar nie feesgevier moet word nie. Die 89-jarige koningin beplan wel ’n groot makietie vir haar 90ste verjaardag.

queen

FOTO: Royal Household/John Swannell

Hier is 5 interessante feite oor dié mylpaal

1. Koningin Elizabeth neem die rekord vir langste regeerder oor by haar oumagrootjie, koningin Victoria, wat 63 jaar, 7 maande en twee dae oor Brittanje geheers het.

2. 9 September 2015 is die dag waarop sy langer as koningin Victoria sal heers ná sy op 2 Junie 1953 gekroon is.

3. Koningin Victoria het haar pa, koning George III, se rekord as langste regeerder verbeter.

4. Koningin Elizabeth sal vandag met haar gewone take aangaan. Sy sal die nuwe Borders Railway in Tweedbank amptelik gaan open.

5. Na afloop van die opening sal sy na die kasteel in Balmoral gaan wat vir koningin Victoria gebou is. Koningin Victoria het presies dieselfde gedoen die dag toe sy die langste regeerder geword het.

Bron: Hello!

Lees ook