FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth praat eerste keer oor Charlotte

Die koningin van Engeland het by ’n lente-partytjie in Buckingham-paleis se indrukwekkende tuine aan gaste vertel hoe bly sy is dat Charlotte ’n dogtertjie is, berig Hello!

Susan Pollack, een van die 8 000 gaste by die partytjie, het vertel dat die koningin ontspanne was en die dag baie geniet het. “Ons is baie gelukkig dat dit nog ’n dogtertjie is,” het sy gesê toe Susan haar gelukwens.

Die koningin het vyf agterkleinkinders, waarvan net prins George ’n seuntjie is. Haar dogter, prinses Anne, het drie kleindogters, Mia Tindall, Isla en Savannah Phillips.

Die koningin het ’n geel tweed-somerjas, met bypassende hoed, bo-oor ’n geblomde rok aangehad wat deur Angela Kelly ontwerp is.

 

The Queen meets guests at today’s Garden Party at #BuckinghamPalace. Approximately 8000 guests attend each Garden Party.

A photo posted by The British Monarchy (@the_british_monarchy) on

Prins William en Kate is tans by Anmer Hall, hul huis in Norfolk op die platteland, waar hulle saam met die jong prins en sy sussie, Charlotte, daaraan gewoond raak om ’n familie van vier te wees.

Lees ook: