0_stamps_elizabeth_ii_elarged
Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth se trouvideo eerste keer ooit bekend gestel

Die Britse tydskrif Hello! het dié video van koningin Elizabeth en prins Philip se troue op hul webwerf gepubliseer. Hulle is op 20 November 1947 getroud ná hulle jare lank vir mekaar liefdesbriewe geskryf het.

Screen Shot 2015-07-24 at 9.20.30 AM

Die koningin, wat tydens haar troue steeds prinses Elizabeth was, se wit satynrok is ontwerp deur Norman Hartnell, wat in daardie jare een van die konklikes se gunsteling-ontwerpers was.

BBC Radio het die seremonie uitgesaai en meer as 200 miljoen mense oor die hele wêreld het na die uitsending geluister. Belangstellendes het buite Westminster-abdy in Londen saamgedrom en selfs op telefoonpale geklouter om beter te kon sien. Die nuut vrygestelde swart-en-wit beeldmateriaal vang die opwinding vas van die mense in die strate tot by Buckingham-paleis, waar die bruid en bruidegom hul eerste balkonverskyning gemaak het as getroude paartjie. Elizabeth, wat 21 jaar oud was, se ouers, koning George VI en koningin Elizabeth, en haar suster, Margaret, was ook op die balkon.

Sy het altesaam 8 strooimeisies gehad, onder wie Margaret en haar niggies prinses Alexandra van Kent en lady Mary Cambridge was.

Bron: Hello!

Lees ook