FOTO: Royal Household/John Swannell

FOTO: Royal Household/John Swannell

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth skryf brief aan 6-jarige meisie

Melissa Poll, ’n 6-jarige meisie van Engeland, het vir koningin Elizabeth na haar verjaardagpartytjie genooi. Sy het ’n uitnodiging na Buckingham-paleis gestuur en kry sowaar ’n antwoord van die koningin, berig Hello!.

Melissa het onlangs Buckingham-paleis saam met haar ouma Denise Hurst besoek. Hulle kon egter nie die binnekant van die paleis sien nie en Melissa was baie teleurgesteld. Haar ouma wys haar toe die tuin en sê dis waar koningin Elizabeth partytjies hou. Net daar het Melissa besluit om die koningin na haar eie verjaardagpartytjie te nooi.

Die koningin se persoonlike assistent het namens haar per brief geantwoord dat sy jammer is dat Melissa nie die paleis van binne kon sien nie. Sy het haar genooi om die somer-opedag by te woon en pamflette oor die paleis saam met die brief gestuur.

Die assistent het ook namens die koningin verduidelik dat sy nie die partytjie kan bywoon nie, maar dat Melissa dit baie moet geniet.

Denise het aan Manchester Evening News gesê Melissa was teleurgesteld dat koningin Elizabeth nie op 27 September by die partytjie sal wees nie, maar in dieselfde asem was sy verjeug dat die koningin vir haar geskryf het.

Bronne: Hello! en Manchester Evening News 

Lees ook