FOTO: Royal Household/John Swannell

FOTO: Royal Household/John Swannell

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth Skype met haar kleinkinders

Koningin Elizabeth en die vroegste TV-toestelle het albei hul verskyning in 1926 gemaak, maar dit beteken beslis nié dat die langste heerser oor Brittanje nie met die nuutste tegnologie bybly nie.

Volgens People gebruik koningin Elizabeth die aanlyn geselsdiens Skype om met haar kleindogter Zara Phillips (34) te kommunikeer.

Die 89-jarige koningin het die brokkie nuus bekend gemaak toe sy Sandringham se Women Institute-eeufees bygewoon het.

Sy besef dat wanneer jy met familielede kontak wil behou, jy hul maniere van kommunikasie moet gebruik.

Hello! berig verder dat koningin Elizabeth, wat ook die hoof van dié instituut is, die afgelope 72 jaar die vereniging se jaarlikse byeenkomste bywoon.

Bronne: Hello! en People

Lees ook