FOTO Instagram /@kensingtonroyals

FOTO Instagram /@kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth vs die Obamas

Wie sou ooit kon raai dat koningin Elizabeth en die Obamas ‘vyande’ sou wees? Gelukkig is dit in ’n goeie gees en vir ’n goeie doel, die Invictus Games.

Verlede week het die Obamas ’n video op sosiale media gelaai waar Michelle en Barack prins Harry uitdaag en hom ’n ding of twee wil wys.

Hey, @KensingtonRoyal. Are you ready for @InvictusOrlando? Game on.

A video posted by First Lady Michelle Obama (@michelleobama) on

Invictus Games is ’n sportgeleentheid vir beseerde of siek oudsoldate. Die geleentheid is in 2014 die eerste keer in Londen gehou, met prins Harry as beskermheer. Die doel is om oudsoldate te motiveer om gesond te word en die lewe ten volle te geniet.

Vanjaar word die tweede byeenkoms gehou, dié keer in Amerika. Soos altyd, ding die Britte en die Amerikaners weer met mekaar mee.

In reaksie op die Obamas se uitdaging het Harry nie geskroom om ook ’n video te maak nie. Maar in sy video sit koningin Elizabeth langs hom.

En haar reaksie op die Obamas se uitdaging? “Regtig? Asseblief tog.”

Kyk die snaakse video hier:

Unfortunately for you @michelleobama and @barackobama I wasn’t alone when you sent me that video- Prince Harry

A video posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

In ’n onderhoud oor sy video het prins Harry gesê die koningin het entoesiasties saamgespeel. Sy het ewe gevra wat húlle twee moet doen, berig People.

Die Invictus Games het gister in Orlando, Florida, geopen.

Lees nou

Só slaap die wêreld

Wêrelddag vir lupus – die stil siekte