George en sy pa, William, vroeër vanjaar
FOTO: Gallo Images / Getty Images

George en sy pa, William, vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Koninklike baba – ‘Foto’ van Kate se tweede baba, Harry se reaksie, PLUS gaan dít die naam wees?

Die paleis het gister bekend gemaak dat die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, hul tweede baba verwag. En nou wonder ons – nóg ’n prinsie, of ’n prinses dié keer?

William se reaksie

William moes gister op sy eie die opening van ’n sentrum by die Universiteit van Oxford bywoon, omdat Kate erge oggendnaarheid (hyperemesis gravidarum) het. Hy het aan die media gesê dat sy vrou “oukei” is. “Dit was ’n paar moeilike dae …. maar ons is geweldig bly, dit is goeie nuus.”

(Kyk onder dié artikel na die video waarin William met die media praat.)

Harry se reaksie

Prins Harry was weer sy grapjas-self toe hy gister die media toegespreek het. Hy het gesê hy kan nie wag dat sy broer verder “ly” nie, met nóg ’n baba wat op hom wag. Toe hy gevra is of dit dié keer ’n dogter is, het hy gesê: “Ek sal daarvan hou om te sien hoe hy [William] dít sal hanteer,” berig Metro.

FOTO: Gallo Images

FOTO: Gallo Images

Ná die koms van die nuweling sal Harry van die vierde na die vyfde plek skuif op die lys van troonopvolgers. Hy sal eers ná prinse Charles, William, George én die nuweling op die troon kan sit, berig Daily Mail.

Só gaan sy(?) lyk

Volgens die Britse pers wil die publiek graag hê dat prins George ’n sussie moet kry. Die rekenaarprogrammeerder Charanjeet Kondal het sy program Morph Thing gebruik om ’n foto saam te stel van hoe die prinsessie moontlik gaan lyk.

En as dit ’n seun is, sal hy moontlik só lyk:

Moontlike name

Hello! bespiegel dat, soos met hul eersteling, George Alexander Louis, William en Kate weer ’n tradisionele naam sal kies. Volgens dié Britse tydskrif is die gunsteling-name vir ’n seun Charles, Philip, Michael en Thomas, met James as middelnaam.

En as dit ’n dogter is, sal hulle moontik Diana, Elizabeth, Victoria, Alexandra en Mary oorweeg.

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate weer siek

Soos met Kate se eerste swangerskap, ly sy hierdie keer weer aan hyperemesis gravidarum. Lees HIER wat sê ’n kenner oor dié toestand.

VIDEO: William praat met die media oor Kate se swangerskap

Bronne: Metro, BBC, Daily Mail, Hello!