FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Koninklike baba: Wie sal die peetouers wees?

Kate en William het die wêreld verbaas toe hulle nie prins Harry óf Pippa Middleton as klein George se peetouers gekies het nie. Hello! berig dat dié twee nou potensiële kandidate as peetouers vir die nuwe baba is. 

“Dit is ’n belangrike rol. ’n Peetouer is daar vir godsdienstige leiding,” sê die koninklike kenner Victoria Arbiter.

“Die paartjie wil iemand hê wat ’n goeie verhouding met hulle het. Iemand wat hulle kan vertrou. Ons sal nie weet wie die peetouers is voor die baba gedoop word nie. Tog word daar reeds gegons oor wie dié rolle sal vul,” het sy bygevoeg.

Harry en Pippa sal heel moontlik dié keer gekies word. Asook vriende soos Tom van Straubenzee and Sam Waley-Cohen.

William en Harry het elkeen ses peetouers.

George het sewe. Nie een van syne het ’n koninklike titel nie en een van hulle was ‘n vriendin van wyle Diana, prinses van Wallis.

Bron: Hello!

Lees ook