Kate, George en William in Australië in 2014. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Koninklike paartjie se vakansieplanne onthul

Prins William, Kate Middleton en prins George gaan ná twee dae by die Statebondspele in Glasgow ’n rustige somervakansie geniet. Só berig Vanity Fair.

Dit blyk of hulle die hele Augustus gaan afvat en dié keer is die privaat-eiland Mustique nie op die kaarte. Prins George kan wel uitsien na ’n kuier by oupa en ouma, prins Charles en Camilla op die Skotse Hoogland. Koningin Elizabeth en prins Philip sal darem ook die gesin te sien kry wanneer hulle by Balmoral aandoen.

Die res van die tyd gaan dié drie in Norfolk wees waar hulle die finale opknappingswerk aan Anmer Hall, hul nuwe huis, sal doen. Laasgenoemde is op die koningin se Sandringham-landgoed.

Kate is glo baie betrokke by die ontwerp van hul nuwe huis – een met 10 slaapkamers, ’n tennisbaan en ’n swembad. Terwyl die tennis vir ma en pa beskore is, het prins George onlangs met swemleese by Buckingham Palace begin…

Lees die volledige berig hier

Die gewilde prins

william kate george william kate george george george