FOTO: Instagram  tgreece

FOTO: Instagram tgreece

Het jy gehoor?

Dié prinses maak naam in Hollywood

Die Griekse prinses Theodora, dogter van koning Konstantyn II en prinses Ana Maria van Denemarke, het pas haar debuut op die Hollywood-silwerdoek gemaak, berig People

Hoewel die Griekse monargie in 1974 ontbind is, loop daar beslis bloubloed in Theodora (32) se are. Koningin Elizabeth van Engeland is haar peetma, en sy is selfs op die ellelange lys van troonopvolgers vir die Britse troon.

Theodora het reeds tydens haar skooljare in Engeland besluit sy wil aktrise word. Daarom het sy ná sy ’n graad aan Brown Universiteit in die VSA voltooi het in 2010 na Los Angeles getrek om haar droom na te jaag. Sy het sedertdien die rol van Alison Montgomery in die gewilde sepie The Bold and the Beautiful vertolk en sal binnekort haar debuut as film-aktrise maak in ’n Mexikaanse fliek, El Gran Pequeno.

Volgens Theodora is haar agtergrond nie tot voordeel of tot nadeel van haar loopbaan in Hollywood nie. Sy sê sy fokus net op haar werk en nie op haar koninklike herkoms nie.

Theodora het dié foto van haar karakter in El Gran Pequeno op Instagram gedeel:

A photo posted by Theodora (@tgreece) on

Haar tuisland is net so trots op haar

Sowaar ’n inspirasie om hard te werk, maak nie saak waar jy vandaan kom nie!

Bron: People

Lees ook