FOTO Facebook / PA Images

FOTO Facebook / PA Images

Het jy gehoor?

Koninklike toer: Charlotte te skattig

Dis haar eerste toer, maar prinses Charlotte steel reeds die kollig – saam met haar ouboet, prins George, natuurlik. Die twee het Saterdag saam met hul ouers, die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, in Kanada aangekom. En hoe skattig het hulle nie gelyk nie!

Die gesin het almal blou aangehad, elkeen ’n ander skakering. En Kate het beeldskoon gelyk met ’n esdoringblaar-borsspeld van silwer.

FOTO Facebook / PA Images

FOTO Facebook / PA Images

Hulle sal vir agt dae in Kanada wees. Maria Teresa Turrion Borrallo, die Cambridges se eie Mary Poppins, is ook saam op hierdie toer. Kate respekteer haar ontsaglik baie en sal dikwels die kinders aantrek in die klere wat Maria persoonlik uitgekies of selfs as present gegee het.

Kyk net hoe waai ’n skaam prins George:

Hier is ’n paar foto’s van die toer sover

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Lees nou

FOTO: Só lyk Behati en Adam se baba

5 goed om jou huis trendy te maak

Ongewone celeb-babaname