FOTO: Mario Testino 
Instagram kensingtonroyal

FOTO: Mario Testino Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Koninklike posseëls – kyk net vir prins George!

Môre is koningin Elizabeth II se 90ste verjaarsdag. Ses posseëls is spesiaal vir dié geleentheid gemaak, en op een van die seëls pryk sy saam met wyle oud-president Nelson Mandela!

Maar die koninklike posdiens, Royal Mail, het ook spesiale seëls gemaak met ‘n afbeelding van haar by haar troonopvolgers, prins Charles, prins William en die klein prins George. Soos altyd het George talle harte gesteel, veral oor hy op ’n paar houtblokke moes staan vir die foto.

Ranald Mackechnie, die fotograaf agter hierdie oulike foto’s, het gesê prins George was stroopsoet, berig The Telegraph.

“Hy was bitter oulik! En was skoon gefassineerd met die kameraligte,” vertel Ranald verder aan The Telegraph.

FOTO: Royal Mail / PA

FOTO: Royal Mail / PA

FOTO: Royal Mail / PA

FOTO: Royal Mail / PA

Volgens Ranald het hy sommer self besluit om die houtblokke waarop prins George in die foto staan, saam te bring.

“Hy was glad nie moeilik, inteendeel, hy het eintlik die gemoed in die vertrek onmiddellik gelig!”

Lees nou