WOKad
Het jy gehoor?

Konsert vir ’n goeie doel, ‘Want ons kan!’

Want ons kan! / Cause We Can! is ’n projek wat in 2003 gestalte gevind het toe aktrise Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) se ma, Retha, ’n verbete stryd teen kanker geveg het met die hulp van die vrywilligers van die Tygerberg-hospies.

Margit, Pedro Kruger en Hennie van Greunen het later in 2003 besluit dat almal moet terugploeg in die gemeenskap – dieselfde gemeenskap wat Retha ondersteun het. Sedertdien bied hulle jaarliks saam met die gemeenskapskoerant TygerBurger die konsert Want ons kan! / Cause We Can! aan.

Margit Meyer-Rödenbeck FOTO: SARIE

Margit Meyer-Rödenbeck
FOTO: SARIE

In die eerste jaar het hulle sowat R50 000 vir die hospies ingesamel. Deesdae is hul beursie dikker en genereer sowat R160 000, wat vanjaar onder drie instansies verdeel word – die Carel du Toit-sentrum vir gehoorgestremde kinders, MES, wat hawelose mense oplei en ondersteun, en SNAP! (Special Needs Adapted Program), wat vir outistiese kinders vaardighede aanleer.

Wat maak dié konsert anders?

Elke sent wat hulle deur die kaartjieverkope maak, gaan direk aan die begunstigdes. Die uitgawes word gedra deur die organiseerdes en die donateurs. Al die kunstenaars én die tegniese span gee hul tyd en talent gratis.

Wie tree op?

Dié kunstenaars is reeds bevestig vir vanjaar se konsert:

  • Elvis Blue en Hiram Koopman
  • Amanda Strydom en Janine Neethling
  • Andriëtte
  • Zanne Stapelberg
  • Emo Adams & Take Note
  • Adam Tas
  • Pedro Kruger
  • Broers
  • Drie van die Bestes (Mathys Roets, Danie Niehaus, Kevin Leo)
  • Desmond Wells
  • Loki Rothman
  • Francois van Coke & Jedd Kossev
  • Blues Broers
  • en komediante Wayne McKay, Wicus van der Merwe, Dowwe Dolla en Marion Holm

Wanneer is dit?

Sondag, 27 Julie 2014, om 18:30 by die Bellville-burgersentrum.

Waar kan ek my kaartjie koop?

Kontak gerus een van dié instansies om jou kaartjie te koop:

Carel du Toit Sentrum: Valerie van der Merwe | 021 933 4578 / 082 211 9965 |  valerie@careldutoit.co.za

MES: Clarina Hanekom | 021 949 8736 / 074 692 1247 | prcapetown@mes.org.za

SNAP!: Christelle Muller | 021 976 8706 / 076 575 5662 | christelle@snap.org.za

WOKad