FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Kontroversie oor ‘mooiste meisie in die wêreld’

Kristina Pimenova is op 9 reeds ’n baie suksesvolle model. Maar sommige mense is bekommerd dat haar voorkoms te volwasse is, berig Daily Mail.

Die Russiese Kristina is ’n model sedert sy 3 jaar oud is en word “die mooiste meisie in die wêreld” genoem. Sy was al op die voorblad van Vogue Bambini en in veldtogte vir groot ontwerpers soos Roberto Cavalli, Dolce & Gabbana, Armani en Benetton.

Sy is ook baie gewild op sosiale media. Haar ma, Glikeriya Shirokova, ’n voormalige model, is verantwoordelik vir haar blaaie op sosiale media (meer as 2 miljoen aanhangers op Facebook en 300 000 volgelinge op Instagram).

Kristina is profielfoto op Facebook

Kristina se profielfoto op Facebook

Maar met al die aandag op sosiale media, is daar ook heelwat ontoepaslike kommentaar en mense meen Kristina word op ’n te jong ouderdom aan ongewenste aandag blootgestel.

Kristina word net in kinderklere afgeneem en dra min tot geen grimering, maar sommige van die kommentaar is steeds ontstellend. Glikeriya verwyder gereeld sulke kommentaar.

Ander ouers lewer kommentaar dat die foto’s onvanpas vir ’n kind is en dat dit verkeerd is om ’n kind soos ’n volwassene af te neem.

Wat dink jy van Kristina se foto’s? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad.

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad.

Bron: Daily Mail

Lees ook

 

 

  • Melissa Dory West

    Sy is n mooi kind en niks vout daarmee om die wereld te wys watse mooi kind die Here gemaak het nie…

    • Peter Jan Randewijk

      … fout..