Koos Kombuis
Het jy gehoor?

Koos Kombuis eet ’n appel ’n dag … PLUS Help hom ’n naam kies vir sy nuwe album

Die alternatiewe sanger, digter en liedjieskrywer Koos Kombuis sê: “Ek kan eintlik glad nie kook nie. Oor naweke volg ek maar Tim Noakes se raad en braai, behalwe wanneer my vrou braaibroodjies maak! Ek is useless in die kombuis, maar een ding het ek uitgevind …

“Toe my dertienjarige dogter, Marleen, my verlede jaar aanraai om elke dag te begin met ’n appel en ’n koppie groentee, het ek dit probeer, en daar was dadelik ’n verbetering in my gesondheid! Mens voel wonderlik as jy die dag só begin, die ou spreekwoord van ‘an apple a day, keeps the doctor away’ is waar!

FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

“Dis moeilik om te verduidelik presies hoekom ek beter voel sonder om in grusame detail te verval. Laat ek dit só stel: ’n mens moenie ’n appel en ’n koppie groentee nuttig kort voor jy op ’n lang reis per motor gaan waar dit moeilik is om te stop by ’n badkamer nie. Die gevolge kan mens nogal plotseling verras!’’

Maar daar was een probleem met die appel-etery: al het hy beter gevoel, hou hy niks van die smaak van appels nie. Koos is gelukkig ’n vindingryke man en maak toe sy eie appel-konkoksie.

Gesondheidskuur met appel en grondboondjiebotter

Bestanddele

1 appel en grondboontjiebotter na smaak

Metode

“Sny die appel in stukkies en eet dit stadig met ’n klein bietjie grondboontjiebotter. Dan is dit baie lekker!

“Nóg ’n truuk is om die gesnyde appel in ’n pan met olyfolie te braai en dit dan op roosterbrood te eet. Dis ongelooflik hoe lekker ’n appel proe as mens hom ’n bietjie jippo!”

Lesers kan gerus die volgende paar weke Koos se Facebook-profiel dophou vir nuus en voorsmakies van sy nuwe album waaraan hy binnekort begin werk. “Maar ek het raad en hulp nodig van julle! Die titel is voorlopig Langpad na Lekkersing, tensy iemand aan iets beter kan dink!”

Lees nou

’n Man se wêreld: Velsorgprodukte vir hom

Italiaanse Patrizio & Steve maak knieë lam

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!