FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Koos Kombuis skryf vir kinders

Hy wou al lankal vir kinders stories skep. En ná al die jare het die kunstenaar Koos Kombuis sy eerste jeugboek, “Monster-Goggas”, geskryf. Maar selfs dié woordghoeroe het soms met die skryfproses gesukkel.

“My eerste pogings is deur my eie kinders verwerp en ek moes oor begin. Hulle het my laat besef dat as jy vir kinders wil skryf, jy regtig moet verstaan hoe hulle dink en wat hulle interesseer,” het Koos aan SARIE.com gesê.

Vir Koos was dit aanvanklik baie moeilik, maar die skrywer en uitgewer Anna Emm het hom aangemoedig om sy eie verbeelding te gebruik.

Gelukkig het Simon (15) en Marleen (13) pa Koos se laaste poging goedgekeur en nou word dit op 27 Februarie deur Anna Emm Kinderstories uitgegee.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

In Monster-Goggas moet Gappie en Nadia al hul moed bymekaarskraap om die grootmense, wat deur monster-goggas as gyselaars gehou word, te red.

Van jongs af is Koos gefassineer met die gedagte van “wat as?”.

“Byvoorbeeld ‘wat as goggas groter en slimmer word’? Dit klink na ’n vergesogte, belaglike idee, maar jy sal verbaas wees hoeveel kinders fantaseer oor sulke onderwerpe.”

Die gogga het nou vir Koos behoorlik gebyt. Hy oorweeg dit om ’n soortgelyke storie vir Anna Emm Kinderstories te skryf.

“Ek wil ek ook graag probeer om iets te skryf vir kinders van ander ouderdomsgroepe.”

Lees nou