Carey Mulligan voor haar swangerskap 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Carey Mulligan voor haar swangerskap FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Carey Mulligan, Diaan Lawrenson praat oor postbaba-lywe

Aktrise Carey Mulligan voel ’n veer oor postbaba-lyf. Die Britse aktrise het eers ses weke ná sy haar eerste pienkvoet, Evelyn, ontmoet het, begin oefen. En dit was sommer net ’n stap om die blok.

Carey het net geweier om soos baie ander aktrises haar vietse lyfie so gou moontlik terug te kry, berig News.au. Vir haar het dit eerder oor ’n gesonde leefstyl gegaan en om die tyd saam met haar nuweling te geniet.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Diaan Lawrence sê sy het geen druk op haarself geplaas nie. Ná die geboorte van haar kinders, Olivia-Rose en James, het sy net elke oomblik geniet. “Dit het vir my eerder oor gesondheid gegaan. Ek het lank geborsvoed en gesond geëet. En ek het dit rustig gevat, vir myself tyd gegee en stadig begin oefen,” het sy aan SARIE.com gesê.

Diaan sê sy was ongelukkig nie een van die vroue wat onmiddellik hul mooi lywe terugkry nie. “Ek moes hard werk. Ek het dit op die regte manier gedoen. Maar dit help nie jy plaas druk op jouself nie. Jy moet elke oomblik geniet.”

Tog voel sy sosiale media kan wreed teenoor vroue wees.

“Dis eintlik verskriklik hoe erg sosiale media deesdae is!”

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Soms is dit ’n kompetisie

In Hollywood is dit omtrent ’n kompetisie om so gou moontlik jou postbaba-lyf reg te ruk. Die supermodel Heidi Klum het in 2009 vyf weke ná sy lewe geskenk het weer vir Victoria’s Secret in onderklere op die loopplank geparadeer. Sy het groot applous ontvang toe sy haar superlyf vertoon het, maar het later erken dat dit te danke was aan ’n persoonlike afrigter en harde werk.

Die kritiek kan ook lelik wees

In 2014 het die Amerikaanse sangeres Kelly Clarkson gewig opgetel tydens haar swangerskap. ’n Jaar later het ’n gelukkige Kelly steeds nie al die gewig verloor nie.

Sy is hoofsaaklik op sosiale media daarvoor gekritiseer:

 

 

Maar Kelly het haarself nie aan dié kritiek gesteur nie, het sy tydens ’n onderhoud aan Ellen DeGeneres gesê.

Kyk haar onderhoud met Ellen DeGeneres:

Lees ook: