cate_blanchett_helpmann_awards_03
Het jy gehoor?

Kort hare is die in-ding in 2010 – bekendes sny hul hare af – foto’s

‘n Hele rits Hollywood-celebs het onlangs hulle hare afgesny. Van lang, reguit hare tot ‘n pixie-styl of ‘n bob. Emma Watson, Anne Hathaway, Corine du Toit en nou ook Cate Blanchett en Michelle Williams

Emma het gesê dit was vir haar bevrydend gewees om haar hare te sny omdat sy dit vir die Harry Potter-flieks moes lank hou. Anne se haartsyl is egter nie permanent nie. Sy dra glo net ‘n pruik vir haar nuwe fliek.

Michelle Williams en Cate Blanchett was kort op hulle hakke met die afsny van die lang lokke. Ons eie Corine du Toit het ook onlangs haar hare kort gesny in die gewilde pixie-styl.

Cate Blanchett Cate Blanchett
Anne Hathaway Anne Hathaway Anne Hathaway
Emma Watson Emma Watson Emma Watson
Michelle Williams Michelle Williams Michelle Williams
Corine du Toit Corine du Toit Corine du Toit
  • endika

    Ek hou meer v.d. lang hare. Emma Watson lyk die beste met kort hare, maar die ander lyk beter met hul lang hare.

  • Amanda Gerber

    Almal pragtig, lank of kort. Kort is meestal cheeky en langer hare smeulend.

  • Sonja du Plessis

    Ek is SO bly hieroor. Ek het verlede jaar besluit om kort en "funky" te gaan en het nog nooit terug gekyk nie. Ek volg gelukkig nie die mode slaafs na nie, maar dit is lekker om te weet dat selfs die celebs dink dis cool om hot te wees.

  • Maggie Oosthuizen

    Ek sit nou al die hele tyd sit en wik en weeg wat sal ek doen. My hare is nie lank nie maar die styl! Nogal die idee wat my goed sal pas.

  • Rouxenator

    Hoekom nie net die heetemal kaal skeer nie? Wat is dir met hierdie half hartige style?

  • Charmaine

    Langhare pas nie by almal nie. Anne lyk stunning en soveel jonger met die korter hare. Daar is soveel vrouens wat steeds lang hare dra, maar dit laat hul stokoud lyk.

  • Christo

    Nee wat, langer is mooier.

  • Elmari

    Net Cate Blanchett lyk vir my beter met lang hare – dit versag haar gelaatstrekke.

  • Rhona Smith

    ag nee hulle almal lyk 20 jaar ouer!

  • Trudy

    Langhare is nievir almal nie.Ek het my hare begin kort dra en het nog nooit spyt geees nie.Dit is makliker beheerbaar en soveel gouer klaar in die oggende.Kort hare laat in elk geval die jare weg val.Hoera vir korter style.

  • Vlinder

    EK het ook die trend probeer navolg en my hare lank gedra, maar so twee weke terug besluit om dit in ñ kort en funky styl te gaan afsny…ek het sommer heeltemal van kleur ook verander en nou lyk ek sommer 10jaar jonger en kry komplimente by dosyne. Ek moes dit lankal gedoen het!

  • Sonja

    Ek is mal oor kort hare maar ek dink van hulle lyk beslis beter met hul lang hare en ek persoonlik dink dat ons Getroud met Rugby meisie Corine du Toirt lyk stunning met haar lang hare soos op die foto.

  • urbqkzwsj

    kQ5aB4 minpyidsilmy, [url=http://vgxbvhhapaql.com/]vgxbvhhapaql[/url], [link=http://vbzhsdvnxthn.com/]vbzhsdvnxthn[/link], http://ehqwkmdyfqjr.com/