Het jy gehoor?

Kortpad-varkpastei

genoeg vir 6

• 100 ml melk
• 50 ml warm water
• 150 g (165 ml) botter
• 450 g (800 ml) koekmeel
• 2 eiers
• 24 (1 200 g) varkworsies met kruie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 160 °C. Bring 50 ml melk, water en botter tot kookpunt. Plaas meel en een eier in voedselverwerker en meng op hoë spoed terwyl jy die warm mengsel bygooi. Verwerk tot alles in een bal saamkom. Rol op meelbestrooide oppervlak tot sowat 3 mm dik uit. Spuit ’n 22 cm-koekpan met kleefwerende kossproei. Voer pan met 2/3 van die deeg uit.

Verwyder vleis uit worsies se omhulsel en plaas in groot mengbak. Geur goed met sout en peper. Roer eier by en meng goed. Skep vulsel in uitgevoerde pan. Plaas oorblywende 1/3 deeg bo-op en druk stewig vas om rand. Maak gaatjie bo in deeg. Verf met oorblywende melk en bak vir 45 – 60 minute of tot goudbruin.