#SARIEsport

Die Olimpiese Spele van kos is hier

Nes sportsterre elke 4 jaar voorberei vir die Olimpiese Spele, is daar ook vir sjefs elke vier jaar ’n Kulinêre Olimpiese Spele. En ja, Suid-Afrika stuur vanjaar weer ’n span na dié kookstryd.

Die sjefs oefen 2 jaar lank vir die Spele, wat vanjaar van 22 – 25 Oktober in Duitsland gehou word.

NewTeamPhoto

Ons span

Blake Anderson van 3SIXTY and Billy G, Montecasino
Jerome Norton van Four Seasons The Westcliff Hotel
Kirstin Hellemann van Belmond Mount Nelson Hotel, Kaapstad
Dion Vengatass van Belmond Mount Nelson Hotel, Kaapstad
Minette Smith, HTA School of Culinary Art, Kaapstad
Henrico Grobbelaar, van Southern Sun The Cullinan, Kaapstad
Arno Ralph, van Lindt & Sprungli SA

Die spanbestuurder

Sjef Heinz Brunner

Hoe werk die Kosspele?

Die span van 7 sjefs kry 6 uur om ’n driegang-spyskaart te berei vir 110 gaste. Die span is ook verantwoordelik vir ’n koue buffet wat SA verteenwoordig. Maar dis nie sommer net gewone kook nie, nee! Die span kook in ’n glaskombuis voor duisende toeskouers en, natuurlik, die beoordeelaars. Elke span begin met eweveel punte en soos elkeen foute maak, word daar punte afgetrek.

Hoe word punte afgetrek? 

Daar word baie gefokus op higiëne, tegnieke en hoe presies jy werk. Die 110 borde wat jy voorsit, moet almal perfek wees. Porsies moet ewe groot wees en natuurlik moet die kos op sy beste smaak en goed gaargemaak wees. Kombuisdissipline is hoog op die ranglys van punte. Die sjefs proe selfs hul kos met weggooibare lepels om seker te maak hulle verloor nie punte vir higiëne nie.

Kyk hier hoe lyk dit binne die Spele se kombuis

Hoeveel lande?

Altesaam 32 lande van die wêreld oor neem deel. Suid-Afrika neem al sedert 1980 deel aan die Kulinêre Spele. Ons het al heelparty goud, silwer en brons teruggebring. In die 2008 het die departement van kuns en kultuur ook aan die groep sjefs SA spanstatus gegee. Hulle mag nou met trots baadjies in die gesogte Groen-en-Goud dra!

Wat is vanjaar op die spyskaart?

Hier is die spyskaart

Bron: www.mzansilifeandstyle.com

Ons hou duimvas vir ons span en hoop hulle kom terug met die goue medalje!

Lees nou

Duisende het al dié video’s gekyk, moenie dit misloop nie!

KYK: Chad le Clos in 2de Olimpiese video

Toets jou kennis: Is jy ’n foodie?