Untitled
Het jy gehoor?

KOSBARE VIDEO: Baba lag toe hy eerste keer ouers se stem hoor

Lachlan Lever is nou 2 jaar oud, maar toe hy net 7 weke oud was, het hy sy eerste gehoorapparaat gekry.

Lachlan, van Australië, is met swak gehoor in albei ore gebore. Op 7 weke het hy sy eerste gehoorapparaat gekry. En sy reaksie toe dít vir die eerste keer aangeskakel word en hy sy ouers se stemme hoor, is te kosbaar .

Lachlan se ma, Michelle, vertel aan Daily Mail Australia dit was baie spesiaal om Lachlan se gesig te sien ná die gehoorapparaat aangeskakel is. “Ek kon sien my baba se wêreld word vir hom oopgemaak.”

Lachlan is nou 2 jaar oud en Michelle sê sy is verstom oor sy spraak- en taalvermoë.

Dié video is in 2012 geneem, maar Laclan se ouers het dit eers die afgelope Sondag op YouTube gelaai.

Bron: Daily Mail

Kyk ook