FOTO: Instagram (@jennapietersen)

FOTO: Instagram (@jennapietersen)

Het jy gehoor?

Jack Parow se Jenna en Ruby lyk nés mekaar PLUS ’n hoogtepunt in sy loopbaan

Kan jy glo Jack Parow en sy meisie, Jenna Pietersen, se dogtertjie word vanjaar 2 jaar oud? En klein Ruby begin al hoe meer na haar model-ma lyk …

Ruby lyk nés haar ma

Ruby lyk op ’n haar na haar model-ma toe Jenna nog jonk was. Vergelyk net Jenna se kinderfoto’s (links) met foto’s van Ruby (regs).

Kyk HIER vir nóg foto’s van dié ma en dogter

Jack Parow is gekies om te sing voor die internasionale kletsrymer Eminem se vertoning wanneer hy dié week in Kaapstad en Johannesburg optree.

Eminem, wat al meer as 100 miljoen albums verkoop het en 13 Grammy-toekennings agter sy naam het, is een van die wêreld se grootste kletsrymers.

Jack Parow het op Twitter gesê dat hy baie opgewonde is.

Kyk hoe ’n oulike pa is Jack Parow

FOTO: Instagram (@jennapietersen)

FOTO: Instagram (@jennapietersen)