1344420371_kourtney_kardashian_article
Het jy gehoor?

Kourtney Kardashian en Scott Disick verbreek verhouding

Die internet is aan die gons oor gerugte dat Kourtney Kardashian haar verhouding met Scott Disick beëindig het, berig E!Online.

Die paartjie van Keeping up with the Kardashians-faam is sedert 2006 saam en het drie kinders, Mason (5), Penelope (3) en Reign (6 maande).

’n Bron het aan E!Online vertel dat Kourtney die verhouding verbreek het ná foto’s van Scott oor die naweek uitgelek het. In die foto’s is hy alte tuis by die Los Angeles-stilis Chloe Bartoli in Monte Carlo. Blykbaar is Scott al vir ’n maand lank weg van die huis af en woon hy gereeld partytjies by.

Kourtney het volgens E!Online nou genoeg gehad van sy sorgelose partytjie-leefstyl en het sy besluit dis tyd om te doen wat die beste vir hul drie kinders is.

Die paartjie in gelukkiger dae:

Happy Valentine’s Day! Feeling blessed to get to share this day and my life with my true love and our three little angels.

A photo posted by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

Bronne: E!Online

Lees nou