1344420371_kourtney_kardashian_article
Het jy gehoor?

Kourtney Kardashian wys haar baba

Penelope Scotland is op 8 Julie vanjaar by die Cedars-Sinai Mediese Sentrum in Los Angeles gebore. Haar boetie, Mason (2), is Kardashian se eerste kind by Scott.

“Niks kon my voorberei vir hoe lief ek vir haar is nie,” het dié opgewonde ma gesê.

In die nuwe uitgawe van Us Weekly gesels Kourtney en Scott oor Penelope se geboorte (waar die hele familie teenwoordig was), hoe ouboet Mason voel oor Kleinsus en waarom Scott skrikkerig is om klein Penelope se doek aan te sit…