1381270466_bruce-jenner-kris-jenner-split-zoom
Het jy gehoor?

Kris en Bruce Jenner: dis finaal verby

Keeping Up with the Kardashians se Kris en Bruce Jenner gaan skei ná hulle vir maande apart gewoon het.

Die egpaar gaan ná 22 jaar skei, berig US Magazine. Volgens die hofstukke het Kris gesê hul verhouding het onherstelbaar verbrokkel.

Dié paartjie is die ouers van Kendall (18) en Kylie (17). Albei ouers het toesig oor Kylie omdat sy nog minderjarig is. Daar is blykbaar nie gevra vir onderhoud vir die kinders of vir die egpaar nie.

Bruce, wat op sy dag ’n Olimpiese atleet was, het vier kinders uit vorige verhoudings (Brody en Brandon was al op die werklikheidsreeks Keeping Up with the Kardashians). Kris is die ma van Kourtney, Kim, Khloé en Rob.

Wyle Robert Kardashian en Kris saam met hul kinders FOTO: Instagram  @krisjenner

Wyle Robert Kardashian en Kris saam met hul kinders
FOTO: Instagram @krisjenner

Kris en Bruce en hul gesin FOTO: Instagram  @krisjenner

Kris en Bruce en hul gesin
FOTO: Instagram @krisjenner

Kris, Khloé, Courtney en Kim  FOTO: Instagram  @krisjenner

Kris, Khloé, Courtney en Kim
FOTO: Instagram @krisjenner

FOTO: Instagram  @krisjenner

FOTO: Instagram @krisjenner

Lees ook