FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Kristen Stewart sit met haar hande in haar hare…

Wanneer jy ‘n Hollywood-ster is, moet jy ook soos een lýk. Maar soms ‘gebeur die lewe’ en maak dit vir sterre moeilik om altyd op hul heel beste te lyk…

Kristen Stewart sukkel deesdae met vreeslike haarverlies, blykbaar weens stres nadat sy en haar Twilight-mede-ster en kêrel, Robert Pattinson, vroeër vanjaar uitmekaar is. Die paartjie het in Mei hul aan-en-af-verhouding finaal beeïndig omdat Rob sukkel om Kristen se buite-egtelike verhouding met ‘n getroude regisseur te verwerk. Sedertdien dra Kristen gereeld hoede op die stel van haar nuwe fliek Sils Maria – om die haarlose kolle op haar kop weg te steek.

Só kan jý stres vir ‘n ses slaan!

FOTO: Kristen Stewart en Robbert Pattinson in die finale Twilight Saga-fliek, Breaking Dawn – Part 2. Hier was hulle nog ‘n paartjie.

‘n Bron het aan Now Magazine verklap dat Kristen se vriende baie bekommerd is oor haar, en dat twee vriendinne selfs Duitsland toe gevlieg het om vir ‘n ruk by haar te kuier terwyl sy aan die nuwe fliek werk. “En die stres raak net meer, want Rob wil glad nie met haar praat nie,” het dié bron gesê.

Lees hoe Roxy Louw stres oorwin

Anne Hathaway sukkel ook met haar hare

Die 30-jarige aktrise Anne Hathaway sukkel om haar hare te laat groei nadat sy dit geskeer het vir Les Misérables.

Anne se kort haarstyl was op almal se lippe, maar nou sukkel sy om dit te laat teruggroei. Sy neem  vrugbaarheidsvitamiene om dit vinniger te laat groei, maar dit lyk asof niks wil help nie.

Les Miserables - World Premiere - Inside Arrivals

FOTO: Russel Crowe, Anne en Hugh Jackman by die première van Les Misérables. (Gallo Images / Getty Images)

Anne wou graag haar hare vir vanjaar se Oscars al langer gehad het, maar niks help nie. ‘n Bron het aan The National Enquirer gesê sy is bang haar hare groei nooit terug nie en dat sy vir ewig haar kort manshaarstyl sal hê.

Anne het glo al verskillende behandelings probeer, soos kopmasserings met warm olie en selfs eiers in haar hare laat vryf, maar niks het gewerk nie. Die vrugbaarheidsvitamiene wat sy nou drink is glo deur ‘n vriend aanbeveel. Maar nou dink almal sy en haar man, Adam Shulman, probeer swanger word – iets wat dié bron sê glad nie waar is nie.

FOTO: Anne met lang hare by haar man, Adam (Gallo Images / Getty Images)

Lees hier die grootste haarfoute wat SA vroue maak