FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Kritiek op Jessica Simpson se bikini-lyf – wat dink jy?

Die bekendes kry darem net nie ruskans nie. As hulle te lank ná hul swangerskap nog ekstra gewig het, word hulle gekritiseer. Nou word Jessia Simpson gekritiseer omdat sy te gespierd is net ’n paar maande ná haar swangerskap. Hoe voel jy hieroor?

Nadat Jessica Simpson sowat 30 kg ná die geboorte van haar tweede kind verloor het, het sy dié foto’s van haarself in ’n bikini op Instagram gedeel.

FOTO:: Instagram  @jessicasimpson

FOTO:: Instagram @jessicasimpson

FOTO:: Instagram  @jessicasimpson

FOTO:: Instagram @jessicasimpson

Sy het bygeskryf: “As ek in ’n bikini poseer, gaan ek trots wees daarop!”

Die publiek se reaksie op dié foto’s is egter nie so positief nie. Baie mense meen dat sy nou te gespierd is en te veel tyd in die gim spandeer – ten koste van haar kinders.

Jessica was nog altyd uitgesproke oor haar gewigsprobleme, veral ná haar eerste swangerskap. Sy het hierna die gesig van Weight Watchers geword en deur haar tweede swangerskap gesonder geëet om nie weer so baie gewig op te tel nie, maar steeds gesond te bly.

Wat dink jy? Het die publiek die reg om bekendes se post-babalywe te kritiseer? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Die 33-jarige Jessica is ma van die 2-jarige Maxwell Drew Johnson en Ace Knute Johnson (10 maande).

FOTO:: Instagram  @jessicasimpson

Maxwell (agter) speel saam met haar boetie, Ace FOTO:: Instagram @jessicasimpson