FOTO: Disney

FOTO: Disney

Het jy gehoor?

Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!

Wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe, Winnie-the-Pooh en koningin Elizabeth gemeen? Almal is vanjaar 90 jaar oud!

As die Hollywood-ikoon Marilyn Monroe nog geleef het, sou sy op 1 Junie haar 90ste verjaardag gevier het. Wie kan haar vergeet? Die blonde legende wat met ’n wit rok oor die lugtonnel van ’n moltreinstasie gestaan het. En toe haar rok opwaai, laggend gevra het: “Isn’t it delicious?” Dis al 54 jaar ná haar geheimsinnige dood, maar sy bekoor ons steeds!

5 fassinerende  feite oor Marilyn Monroe

1. Haar regte naam was Norma Jeane Baker. Sy het eers in 1956 haar naam wettig na Marilyn Monroe verander.

2. Sy het gesukkel om haar woorde te leer en te onthou. In Some Like it Hot (1959) sê Marilyn se karakter “It’s me, Sugar”. Sy het so gesukkel, hulle moes dit 60 keer oorskiet!

3. Haar hare is nie regtig blond nie. Marilyn is eintlik ’n brunet en sy het in 1946 besluit om eerder ’n blondine te word.

Marilyn op 6 maande

4. Marilyn het haar dag begin met twee rou eiers, opgeklits in ’n glas warm melk. Geen middagete nie en vir aandete opgekookte lewer, steak of lam met vyf wortels. Vir nagereg sou dit hot fudge sundae wees.

5. Vir 20 jaar ná haar dood het Joe DiMaggio, haar tweede man (1954-1955), drie keer per week rose by haar grafkelder laat neerlê.

Bron: The Telegraph

Koningin Elizabeth en Winnie-the-Pooh

Ná al die jare kan jy haar steeds deur ’n ring trek, wat voorkoms én optrede betref. En as die monarg wat al die langste oor Brittanje heers, lyk dit of koningin Elizabeth beslis nog vir ’n ruk dié kroon sal dra.

Maar sy is nie al een wat haar 90ste verjaardag gevier het nie. Die geliefde beer van A.A. Milne het ook vanjaar dié mylpaal bereik.

Maar hier’s die ding: met die koningin se geboorte in 1926 het Milne die boek Teddy Bear and the Other Songs from When We Were Very, Very Young aan die klein prinses Elizabeth opgedra.

FOTO: Disney

FOTO Disney

Nou’s dit 90 jaar later en sy word weer vereer. Winnie-the-Pooh het besluit om sommer vir koningin Elizabeth te gaan kuier. ’n Nuwe storie, Winnie-the-Pooh and the Royal Birthday, is spesiaal geskryf en dit kan gratis afgelaai word. Winnie het vir prins George ook ontmoet!

Kyk hoe koningin Elizabeth en Winnie-the-Pooh mekaar ontmoet:

En die Kruger Nasionale Park, wat Afrika se Groot Vyf huisves, het gister sy 90ste verjaardag gevier.

90 is beslis die nuwe twintig!

Lees nou

FOTO’S: So lyk Afrika uit die ruimte!

Raai watter sjef eet biltong-en-tjips-broodjies?

Weet jy wie Ryk Hattingh is?