Het jy gehoor?

Kry die smeulende Burlesque-voorkoms só!

Dis visnet-sykouse, hakskoene, goud en silwer, dis witwarm en die verhoog is aan die brand met kostuums wat jou na jou asem laat snak. Dit is die burlesque-styl. Daar word weer lewe in dié styl geblaas met die rolprent Burlesque wat die 21ste Januarie in teaters begin draai.

Smashbox, ‘n innoverende grimeerreeks deur die agterkleinseuns van die beroemde Max Factor, het saam met die skeppers van die fliek gewerk om die Smashbox Beauty Collection te ontwikkel en te vervaardig. Smashbox was die eksklusiewe skoonheidsheidshuis op stel van dié rolprent.

Dié luukse grimeerstel is slegs tot 14 Februarie in uitsoekwinkels van Woolworths beskikbaar teen R560.

:

Dink aan oë wat sterk gedefinieer is, en aan goue en glansende skakerings van pienk op jou wangbene en lippe.

 
Jou gesig:
Om daardie gesonde gloeiende voorkoms te kry, gebruik Burlesque se Loose Shimmer bo jou wenkbroue, hoog op die wangbene en op jou neus.
Oë:
  •   Wend die pienk oogskadu van Shadow & Liner Quad in Risque oor die hele ooglid aan.
  •   Gebruik die Crease Brush#10 en wend oogskadu in Eggplant in die vou van jou oog aan.
  •   Versag dan die kleur met Pink Beige oogskadu in die vou van die oog.
  •   Wend dan Loose Shimmer in die hoekies van jou oë aan.
  •   Skep ‘n ‘katoog’ deur jou oog te omlyn. Begin in die binneste hoek met ’n dun lyn en gaan al     dikker hoe nader jy aan die buitenste hoek van die oog kom.
  •   Gebruik nou die grysroom omlyner van Shadow & Liner Quad en beweeg al langs jou onderste ooghaarlyn om ‘n sagte skaduwee-effek te gee.
  •   Wend nou vele lae van die Hyperlash Mascara aan

Lippe:
Voltooi die voorkoms met genoeg van die Double Ended Lip Gloss in Peep/Show in die Cotton Candy-skakering.
…En die verhoog is joune!
* KYK DIE BURLESQUE-LOKFLIEK HIER: