FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Kry só Elizma Theron se somerstyl PLUS foto’s van haar baba-magie!

Sangeres Elizma Theron is swanger, en met baba-magie en al, volg sy een van die somer se top-trends – vlootstrepe.

Elizma en haar man, die helikopterloods Nico Grobbelaar, het in Julie aangekondig hulle verwag hul eersteling. En vir dié feesseisoen het sy besluit om haar babamagie in die nuutste mode te wys – horisontale strepe in verskillende kleure.

Klik HIER vir kraamdrag uit die SARIE-winkel

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

1469923_10151831227925893_1999987812_nDit is ’n mite dat horisontale strepe jou groter en vertikale strepe jou langer en maerder laat lyk, het ’n studie in 2011 van die Universiteit van York bevind. Hulle het vroue van alle groottes klere met vertikale en horisontale strepe laat aantrek, en telkens het die horisontale strepe die vroue maerder laat lyk. Dit gaan oor die perspektief wat die lyne om jou liggaam vorm. ’n Reghoek met vertikale strepe skep die illusie dat dit langer én groter is as wat dit werklik is, en daarom is vertikale strepe nie altyd vleiend vir jou figuur nie. (Lees die interessante studie HIER.)

5 wenke om horisontale strepe te dra sodat jy maerder lyk

  1. Vermy klere wat net aan die voor- of agterkant strepe het. Die strepe moet regom jou liggaam gaan om die illusie te skep dat jy kleiner is.
  2. Dra gestruktureerde klere – los klere wat nie jou figuur op die regte plekke beklemtoon nie, gaan jou groter laat lyk – maak nie saak watter strepe jy kies nie.
  3. Gebruik strepe om jou liggaam te balanseer – as jy swaarder bo is, kies ’n bostuk met strepe om die aandag af te lei.
  4. Moenie items kies wat te veel gekleurde strepe het nie – kies ’n simplistiese stylvolle voorkoms.
  5. Kyk waar die strepe jou liggaam sny – dit kan of jou beste vriend wees, of jou grootste vyand. Die goue reël: laat die donkerste deel van die uitrusting die grootste deel van jou liggaam omvou.

’n Hoed wat netjies pas – Moenie dié somer sonder ’n mooi standhoed in die son wees nie – beskerm jou son én hare teen skadelike UV-strale. Kry die mooiste somerhoede HIER.

 

Karlien het ook horisontale strepe dié somer gekies FOTO: Instagram

Karlien het ook horisontale strepe dié somer gekies FOTO: Instagram

Kry jou streep-uitrusting uit die SARIE-winkel

Stylvol en klassiek

Striped T-shirt (links) en Tie Detail Dress (regs)

Plusgroote-wenners

Cotton Anglaise Shift Dress White (links) en Striped Swing Top (regs)

Top-keuse

Dié rok is iets spesiaal! Die swart panele laat jou skraler lyk én gee jou daai wa-wa-woem-figuur! En die horistontale strepe wat in die middel gesentreer is, laat jou maerder en langer lyk! Dié rok is ideaal vir enige feespartytjie of vir die kantoor. Boonop gaan dit nie jou bankrekening leegtap nie!

Interessante strepe

Basic T-shirt With Chevron Stripes (links) en Aztec Print Tank Top (regs)