FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Gisele Bündchen: supermodel én superma. Dít is haar geheim …

Die 33-jarige Gisele Bündchen is supermodel, ma van 3 én getroud met ’n professionele Amerikaanse voetbalspeler. Dié gesin het ’n baie bedrywige skedule, maar sy het vinnig n plan gemaak om by alles uit te kom.

Gisele bestuur haar gesin soos sy haar loopbaan bestuur – passievol en met presiese beplanning. Sy het vir haar die app, Cozi, op haar iPhone afgelaai wat haar in staat stel om elke gesinslid se aktiwiteite daarop te skeduleer.

Elke gesinslid se aktiwiteite word deur middel van verskillende kleure aangedui – Gisele s’n is pers, terwyl manlief Tom Brady se afsprake in blou aangedui word. Wanneer die hele gesin op een plek moet wees, word dit in rooi geskryf. Gisele en Tom het twee kinders, Benjamin (4) en Vivian (1). Die 6-jarige Jack is ook deel van hulle gesin en is Tom se seun uit ’n vorige verhouding.

“Ek weet nou presies waar Tom en die kinders deur die dag is en wat hulle doen,” het Gisele onlangs aan Vogue gesê. “Ek probeer so hard om alles in te pas, maar dinge loop nie altyd soos jy dit beplan nie. Dit gebeur soms dat jy jou werk effens afskeep wanneer jy ’n goeie ma is en wanneer jy jou kant bring by die werk, voel jou gesin weer afgeskeep.”

Dis amper soos ’n dans wat nooit ophou nie. Maar ek kla nie! Ek was nog nooit gelukkiger nie.

Buiten die app wat haar lewe vergemaklik, hou Gisele ook by dié twee goue reëls: Moet nooit twee dinge op een slag doen nie en maak elke dag tyd vir jouself. “Wanneer ek by my gesin is, antwoord ek glad nie my selfoon nie,” het sy onlangs in ’n onderhoud met Wall Street Journal gesê. “As ek werk, dan wérk ek. Ek is met een ding op ’n slag besig en dis dit. Maar ek maak ook tyd vir myself, al is dit net ’n uur wanneer die kinders slaap of nie by die huis is nie. Dan sal ek ’n boek lees, mediteer of iets met my hande maak.”

Kyk HIER na Gisele en Tom Brady se spog-woning

Bron: Vogue

VERTEL ONS – wat is jou geheim vir ’n gesonde werk-gesin-balans? Los kommentaar onder dié artikel, of deel dit op ons Facebook- of Twitter-blad.