Gwyneth Paltrow
Het jy gehoor?

Kry só Gwyneth Paltrow se maagspiere

Gwyneth Paltrow begin haar jaar met ’n detoks-dieet en dans graag op die maat van Beyoncé. Haar beloning: Sy pronk met gemak met haar maagspiere op die voorblad van glanstydskrifte, soos die nuutste uitgawe van Women’s Health.

E!Online berig dat die 42-jarige aktrise in ‘n artikel in die tydskrif die oefen- en eetgewoontes wat haar dié ferm lyf besorg, deel: “In die week is my roetine elke dag dieselfde. Ek laai die kinders by die skool af. Ek dans vir ’n uur en dan gaan ek werk toe.”

Gwyneth Paltrow“Vir middagete geniet ek gereeld ’n groot slaai met gebraaide hoender. Saans eet ek wat ek wil. Meestal eet ek saam met die kinders … roerbraai met hoender en blomkool, of pasta met hoender en aartappels,” vertel sy.

Gwyneth vertel ook hoe sy met ouderdom al hoe meer tuis in haar eie lyf voel: “Ek voel nou gemakliker in ’n swembroek as 20 jaar gelede.”

Gwyneth Paltrow

Alhoewel Gwyneth nie haar kêrel, Brad Falchuk, op die naam genoem het nie, het sy wel oor verhoudings in haar veertigs gepraat: “As ek in dié stadium van my lewe in ’n verhouding is, moet dit volhoubaar wees.”

Gwyneth en Coldplay-sanger Chris Martin het twee kinders saam, Apple en Moses. Hulle is in 2014 geskei ná ’n huwelik van meer as ’n dekade.

Bron: E!Online

Lees ook