FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só bly Jennifer Aniston viets – joga-instrukteur onthul

Hurksitte (squats), water … en geen aartappelskyfies nie! Dis hoe Jennifer Aniston se joga-instrukteur haar viets hou.

Dié 45-jarige aktrise het onlangs in ’n onderhoud gesê dat sy al hoe meer sukkel om die ekstra gewig af te hou soos wat sy ouer word.

Maar haar joga-instrukteur, Mandy Ingber, het aan ABS News onthul hoe sy vir Jen help om op haar beste te lyk – veral met die oog op haar troue.

Mandy sê dat die meeste vroue hul agterstewe meer gelig wil hê, en volgens haar werk hurksitte die heel beste. Mandy is ook verantwoordelik vir die lywe van ander bekendes, soos Brooke Shields en Kate Beckinsale.

Jen doen blykbaar daagliks 20 minute op haar eie joga, en drie keer ’n week saam met Mandy ’n meer intense oefensessie.

Jennifer Aniston en haar verloofde, Justin Theroux FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston en haar verloofde, Justin Theroux
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston

Jennifer Aniston

Jennifer het in ’n onderhoud met die gewilde grimeerkunstenaar Bobbi Brown gesê dat haar ideale gewig ongeveer 50 kg is. Sy is sowat 1,64 m lank.

Sy drink baie water en eet gesond, sy eet minder koolhidrate, maar sny dit nie heeltemal uit nie.

Lees HIER wat Jennifer oor haar plooie en Botox sê

Lees ook SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, se artikel oor joga HIER.

In dié posisie strek SARIE-skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, haar kniesenings en oefen sy haar maagspiere FOTO: Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

In dié posisie strek SARIE-skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, haar kniesenings en oefen sy haar maagspiere
FOTO: Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

Bronne: Yahoo Hello!, ABS News, Daily Mail