FOTO: Instagram beyonce

FOTO: Instagram beyonce

Het jy gehoor?

Kry só Beyoncé se Met Gala-lyf!

Alle oë was op Beyoncé toe sy by vanjaar se Met Gala op die rooi tapyt verskyn het. Haar gewaagde Givenchy-skepping het bitter min aan die verbeelding oorgelaat.

Die “Flawless”-sangeres volg ’n spesiale dieet en oefenprogram vir daardie wulpse lyf, berig E!Online.

Met Gala 2015.

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

 

Beyoncé het haar oefenroetine met haar 31 miljoen volgelinge op haar Instagram-blad gedeel. In dié video oefen sy haar arms, maag en bene. Sy is ook nie bang om gewigte deel van haar roetine te maak nie.

Celebrating the 5th anniversary of Let’s Move! #GimmeFive @michelleobama

A video posted by Beyoncé (@beyonce) on

Beyoncé se persoonlike afrigter, Marco Borges, prys ’n streng vegetariese dieet (vegan) vir die 33-jarige ster se vietse lyf. Hierin word geen vleis, vis óf byprodukte van diere (soos eiers, suiwel en heuning) geëet nie.

“Dit is uniek omdat dit nie ’n dieet is nie, maar liewer ’n leefstylverandering. Goeie gewoontes word oor die 22 dae gekweek,” het Marco gesê oor die 22-Day Revolution wat Beyoncé voor die Met Gala gevolg het.

“Met die 22-Day Revolution sal jy gewig verloor, beter slaap en meer energie hê,” het hy bygevoeg.

Dit is nie die eerste keer dat Beyoncé ’n vegan-dieet volg nie. Sy het verlede jaar verskeie eetplanne insluitend dié dieet op sosiale media gedeel.

FOTO: Instagram  beyonce

FOTO: Instagram beyonce

Bron: E!Online

Lees ook