Het jy gehoor?

Kry vir jou man Bruce Willis se parfuum, dis glo die manlikste geur nóg

Maar glo dit of nie, die Hollywood-superster se gelyknamige parfuum is in 2010 deur die Duitse handelsmerk LR Health & Beauty Systems bekendgestel, berig www.vainstyle.com. Daar word ook ‘n hare-en-lyf-was-produk, ‘n naskeermiddel en ‘n reukweerder bekendgestel.

Die parfuum is ‘n vermenging van pomelo-, peper- en koeskoes-geure, wat dit ‘n baie manlike geur maak.

“Ek persoonlik dink dat die nuwe Bruce Willis-parfuum die manlikste geur in die wêreld is,” het Tilo Plöger, hoof- uitvoerende beampte van LR Health & Beauty Systems gesê.

Lees ook!

Dave Pepler se parfuumblog op sarie.com
Ou mans ruik na bokram