Het jy gehoor?

Kuier agter die skerms by Vogue

Dit heet bloot The September Issue. En die opwinding oor dié nuwe dokumentêr oor die lywigste uitgawe van die tydskrif Vogue nog is besig om wêreldwyd momentum te kry. Dit nooi kykers binne in ‘n wêreld wat slegs die mode-elite tot nou toe geken het.

Elke jaar kan modeverslaafdes nie wag vir Vogue se September-uitgawe nie. En 2007 s’n, met die aktrise Sienna Miller op die voorblad, was ‘n 840-blad-bielie wat byna 2 kg geweeg en 13 miljoen lesers bereik het. In die fliek word jy stap vir stap deur die skeppingsproses geneem.

En aan die hoof van dié publikasie wat die enkele grootste invloed op die globale modebedryf van sowat R2 000 miljard het, is ‘n petite vrou met haar kenmerkende bobhaarstyl, sonbril en hoë hakke. Anna Wintour is al 20 jaar lank die hoofredakteur van die Amerikaanse Vogue en is die oog, oor en stem vir talle mode-ontwerpers wêreldwyd. Sy’s berug vir haar ysigheid en het selfs die bynaam “Nuclear Wintour” gekry. G’n wonder dat een van haar voormalige persoonlike assistente, Lauren Weisberger, die topverkoperroman The Devil Wears Prada geskryf het nie . . .

En ja, sy dra Prada!

Hou sarie.com dop vir nuus oor wanneer dit in Suid-Afrikaanse fliekteaters begin draai.

Word deel van die The September Issue-groep op Facebook. En volg dit op Twittter.

The September Issue

Hier is ‘n voorsmakie . . .

  • LilaDavenport

    Different people all over the world receive the mortgage loans from various banks, because it’s fast and easy.