angelique
Het jy gehoor?

Kurt Darren, Angelique Gerber, Lady Gaga en Alicia Keys – almal deel van Wêreld HIV-dag!

Net soos die bekende rooi strikkie, is die modieuse 46664-Madiba-armband ook ‘n ‘simbool’ van die

 

 

So ook is die 46664 armband die offisiële bandjie met Nelson Mandela se gevangenes nommer daarop en ‘n laserbeeld van sy hand. Dié is ‘n simboliek van Mr Mandela se globale liefdadigheidswerk, insluitende die voorkoming van HIV Vigs. Elke verkope van ‘n 46664 armband dra by tot sy veldtog én dit skep werk én dit volhou die boodskap van sosiale verantwoordelikheid wêreldwyd. Die veldtog se slagspreek is: Buy the Bangle, Change a Life. Deur die 46664 armband te dra is ‘n daaglikse herinnering aan sosiale kwessies soos armoede, honger en HIV voorkoming- soos Nelson Mandela sê, dis in ons hande, ons moet die verskil maak. Bekendes soos Kurt Darren, Arno Carstens, Angelique Gerber, Danny K, Mandoza, Chris Chameleon, Dozi, Freshly Ground, Karen Zoid en Louise Carver, is almal deel van die 46664 veldtog.

Indien jy een van jou gunsteling celebrities nie die dag van 1 Desember op Twitter kan vind nie- moenie paniekerig raak nie! Dis alles vir ‘n goeie doel! 150 Hollywood bekendes het besluit om hulle Twitter-teenwoordigheid vir ‘n dag, op Wêreld Vigs-dag, te staak, totdat $1- miljoen US ingesamel is, ten bate van die liefdadigheidsorganisasie, Keep A Child Alive. Die stigter van hierdie organisasie is niemand anders as die bekende sangeres, Alicia Keys.

Dié bekendes gaan blykbaar hulle laaste Twitter status opsit met ‘n foto en video by van hul elk in ‘n doodskis- hierdié verskynsel staan bekend as die bekendes se digital death.

Die Hollywood sterre maak toenemend gebruik van Twitter as ‘n platform vir hul liefdadigheidswerk en bekendes soos Lady Gaga het meer as 7.2 miljoen volgers op Twitter en Alicia Keys het ongeveer 2.6 miljoen. Nóg bekendes wat betrokke sal wees by die projek is Ryan Seacrest, Elijah Wood, Jennifer Hudson, Serena Williams en Kim en Khloe Kardashian.

Dra jou rooi strikkie trots op 1 Desember en sommer die hele Desembermaand!

 

Het jy geweet?

·        In Suid-Afrika is daar tans 5.6 miljoen mense wat met HIV en vigs lewe- meer as in enige ander land.

·        In 2009 is ‘n geskatte 310 000 Suid-Afrikaners oorlede as gevolg van vigs.

·        Byna een uit elke drie vrouens, tussen die ouderdomme van 25 – 49.

·        Meer as ‘n kwart van mans tussen die ouderdomme van 30 – 34, lewe met HIV.

·        3,8% van die Wes-Kaapse provinsie is met HIV besmet en 6,9% van Noord-Kaap, 15,4% van Mpumalanga en 15,8% van KwaZulu-Natal.

·        Bekendes soos Anthony Perkins en Freddie Mercury is ook oorlede aan HIV Vigs.

 
Wêreld HIV-dag bied die geleentheid vir ons almal as individue, gemeenskappe en politiese leiers om aksie te neem en te verseker dat mense regte beskerm word, dat negatiewe HIV statisiteke regoor die wêreld afneem en dat voorkoming en behandeling toeneem.
As jy wil deelneem daarin om bewustheid te vergroot, probeer ‘n plaaslike geleentheid vind waarby jy betrokke kan raak. Die regering van Suid-Afrika het ook nou ‘n HIV-veldtog geloods in die hoop om die HIV-koers met 50% te verlaag teen Junie 2011.

So neem deel, koop jou 46664 bandjie óf ‘n T-hemp óf selfs net ‘n rooi strikkie en wys jy gee om!